Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Jesus se woorde “Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” vra na die belyning van ons lewensprioriteite met sy wil – ’n saak van die hart dus. Drie insigte is nodig vir die kweking van ’n eko-hart:

Eerstens, in die vreugde om vir die aarde te sorg. Sy voorsien onselfsugtig alles wat ons benodig om te leef: grond, water, suurstof, warmte, minerale – daarom is dit lou­ter vreugde om uit dankbaarheid aan haar terug te gee;

Dan, in die voorreg van roepingsvervulling. God plaas ons as sy verteenwoordigers in sy skepping – omgewingsorg is dus ’n onlosmaaklike praktiese deel van ons aan­bid­ding;

Laastens, in die verpligting teenoor komende geslagte. ’n Stukkie eko-wysheid lui: Ons beskik nie oor die aarde om daarmee te doen wat ons wil nie, nee, ons leen dit van die generasies ná ons om dit ongeskonde aan hulle terug te besorg.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top