Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Glo in God

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Isabel Ballot van Pretoria skryf:

Ek onthou hierdie trooswoorde waar ek angstig in die dokter se spreekkamer sit en wroeg oor wat sy uitspraak oor ’n gewassie sal wees. Dié woorde kom uit ’n ander era. Dertig jaar gelede toe ek ’n sorgvrye student was en aan die Students’ Christian Association behoort het. Wat ’n wonderlike organisasie! Daar het ek meer gekerk as in die formele kerk.

Sommige Christene sê welmenend: Jy moet nét glo en die Here sal jou genees. Glo en die Here sal jou van jou finansiële probleme, siekte en ander bekommer­nis­se genees. As ek in geloof eerder as God sou glo, sou ek die gebruik van my anti-psigotiese middels staak met onnoembare gevolge.

Wat ék weet is dat die Here my altyd naby sal wees. Hy sê so op verskeie plekke. Ons word telkens op­ge­roep om in die Here te glo, maar nêrens in die Woord word ons opgeroep om in geloof te glo nie.

In Psalm 69:1-4 roep Dawid na God soos maar meer­male sy gewoonte was. Hy gebruik treffende beel­de waarmee ons almal kan identifiseer: “… die water het tot by my keel gekom, ek het weggesak in diep mod­der waarin ek nie kan staan nie, ek het my moeg ge­roep om hulp”. Dawid het geweet waar sy hulp van­daan kom.

Die gewassie was toe onskadelik, maar terwyl ek daar­mee saam geleef het, het dit my geleer dat my hulp van God af kom en nie van my geloof afhanklik is nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top