Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Liewe Lynnwoodrif (2)

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prop Jorina Redelinghuys van Kollegepark skryf:

My hart breek wanneer ek advertensies vir vakatures ontvang soos die onlangse een van die NG gemeente Lynnwoodrif … advertensies wat meer uitsluit as in­sluit. 

Dit is regtig vir my aaklig dat ek uit soveel poste uitgesluit word op grond van my geslag (en dan ook in baie op grond van my ouderdom). En hier dan verder ook dat die predikant getroud moet wees en kinders moet hê. Ek verstaan dat elke gemeente ’n predikant wil aanstel wat hulle behoeftes sal aanspreek, maar kan ’n jonger predikant / ongetroude predikant / kinderlose predikant of dan ’n vroulike predikant nie ook die gemeente bedien en dalk selfs meer help onder leiding van die Heilige Gees om die gemeente se verdere potensiaal en roeping te ontdek en verder missionaal uit te brei nie?

Ek glo dat die saak die nodige aandag sal kry.

Lees ook Lynnwoodrif 1

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top