Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Die Duitse teoloog Jürgen Moltmann waarsku dat die skei­ding wat ons maak tussen God en aarde, kan lei tot ’n godlose siening van die natuur en ’n natuurlose siening van God – ’n beskouing wat noodwendig rampspoedige eko­logiese gevolge inhou omdat die aarde dan uitgelewer word aan menslike willekeur. 

’n Eko-hart verstaan dat volgens die Skrif, God en aar­de onlosmaaklik verbonde is: Hy het die wêreld geskape (Gen 1), onderhou dit op ’n daaglikse basis (Ps 104:27-30), is diep daaroor begaan (Ps 36:6-7), maak Hom daarin bekend (Jes 11:9); sluit dit in in sy heilsverbond (Eseg 36) en les bes, herskep dit in Christus (Ef 1:10).

Omdat dit só is, weet die eko-hart, leef ons in sy Skepping met eerbied, dankbaarheid en opmerksaamheid om iets van sy teenwoordigheid daarin raak te sien. Daarom treur eko-harte wanneer die aarde onnadenkend deur die mens beskadig, besoedel, uitgebuit en ekosisteme en spe­sies selfs vernietig word – veral waar dit gedoen word uit selfsugtige motiewe.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top