Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Die Oranjerivier het afgekom en die Vrystaatse vrou was een van vele wat na die skouspel van die Augrabies-waterval kom kyk het. In antwoord op die vraag van die omroeper na haar gewaarwordinge, sê sy in ademlose verwondering: “Ek besef hoe groot God en hoe klein ek is.”

Verwondering – ’n skaarserwordende emosie in die verbruikersamelewing. Dit lyk of ons in ons frenetiese geskarrel na die bopunt van die suksesleer en die gepaardgaande gejaag na materiële rykdom net nie tyd of energie daarvoor het nie – geen wonder nie dat God in ons tyd toenemend kleiner en die mens al groter geag word.

Dawid staar in verwondering na die glansryke hemelruim – diep onder die indruk van die grootheid van die Here en die onbenulligheid van die mens. Luisterend na sy getuienis in Psalm 8:2-4 wonder ek of ons, toe ons verwondering verloor het, nie iets uiters kosbaars kwytge­raak het nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top