Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Woord gee en neem lewe

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dr Chris van Wyk van Port Elizabeth skryf:

Die Woord van God is deur die Gees die grootste enkele krag in die lewe. Jesus het dit alreeds in versoe­king verklaar: “Die mens sal lewe van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matt 4:4).

Die Woord het egter ’n dubbele uitwerking in die lewe van mense. Wie ag gee op die Woord, sal die ­goeie vind (Spr 16:20). Wie die Woord verag, sal dit ontgeld (Spr 13:13).

Daarom walg dit die Psalmis as hy sien dat troueloses die Woord van God nie onderhou nie (Ps 119:158). Die eis van die Woord is altyd gehoorsaamheid daaraan: “Tot die wet en tot die getuienis!” (Jes 8:20). As mense die Woord nie gehoorsaam nie, het hulle geen toekoms nie.

Die Woord van God gee dus lewe en neem ook lewe. Die Woord is immers onwankelbaar en bring nie net die saligheid vir gelowiges nie, maar vergeld ook elke oortreding op ’n regverdige manier (Heb 2:2; 4:12).

Daarom kan Jeremia van die Woord praat as ’n vuur en die volk as hout. Die Woord sal hulle verteer, omdat hulle nie gehoorsaam is aan wat die Woord sê nie (Jer 5:14; 23:29; 19:3).

Daarom dat Paulus so dringend aandring by die Korintiërs om die Woord te gehoorsaam en om van al die heimlike dinge wat skandelik is, afstand te doen. Hy roep hulle op om nie listig te wees nie.

Veral nie deur die Woord van God te vervals nie. Die Woord moet toegelaat word om die waarheid aan die lig te bring sodat almal daarvolgens kan leef (1 Kor 4:2).

Vir gehoorsames gebeur die wonder dat deur die Woord “die liefde van God waarlik volmaak word” (1 Joh 2:5). Vir ongehoorsames word die Woord ’n steen des aanstoots (1 Pet 2:8).

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top