Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Genderbeleid kom vir NG Kerk

Die Algemene Sinodale Mode­ra­men (ASM) het ’n taakspan saamgestel om ’n genderbe­leid vir die NG Kerk op te stel. Dit sal aan­staande jaar vir goedkeuring aan die Algemene Sinode voorgelê word.

Die ASM het die saak bespreek na aanleiding daarvan dat verteenwoordigers van die kerk die afgelope jare ver­skeie vergaderings van die Wêreld­ge­meenskap van Gereformeerde Ker­ke bygewoon het waar die rol en posisie van vroue bespreek is.

So het dr Elize Morkel in 2013 ’n gen­dergesprek in Uganda bygewoon, ds Rethie van Niekerk het in 2015 een in Ghana bygewoon en dr Carin van Schalkwyk einde 2017 ’n gesprek in Indië. Daarby het Morkel en Melanie Thirion van die Wes-Kaapse Sinode in 2017 voor die algemene vergadering van die Wêreldgemeenskap in Duitsland ’n voorafvergadering van vroue by­gewoon.

Van die kwessies wat spesifiek vir die NG Kerk ter sprake is, is die volgende:

  • Vroue geniet nie naastenby voldoen­de verteenwoordiging in die leier­skap van die algemene sinode, streeksino­des, ringe of kerkrade nie;
  • Advertensies, aanstellingsprosesse, diensooreenkomste en die praktyk dis­krimineer dikwels teen vroue;
  • Taalgebruik in eredienste en tydens ver­gaderings sluit vroue uit;
  • Preke ondersteun patriargale idees wat tot geweld en diskriminasie teen vroue lei; en
  • Vroue ervaar seksuele teistering by kerk­like vergaderings en byeenkomste.

Daar is ’n gevoel onder vroue dat die kerk meermale nie vir hulle ’n veilige ruimte is nie. Die hoop is dat ’n gen­der­beleid kan help om die situasie te verbeter.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top