Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wat van Afrikaans?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Fanie Kemp van De Hoop, Uniondale, skryf:

Ek het die artikel “Nou lê die harde werk voor” deur ds Nelis Janse van Rensburg in verlede week se e-kerkbode interessant gevind. Ek glo ook dat dít die pad is wat ons met mekaar moet loop.

Daar is egter ’n aangeleentheid wat my al baie lank hinder: die onreg wat teenoor die Afrikaanssprekende deel van hierdie land gepleeg word.

Dit is nie nodig om hierop uit te brei nie behalwe om te volstaan daarmee dat Afrikaans op talle terreine van die tafel gevee word. Die mees kommerwekkende is die wegdoen met Afrikaans in opvoedkundige instellings, veral op universiteitsvlak.

Dit kan die tragiese gevolge hê dat Afrikaans as hoog­staande akademiese taal gaan erodeer en moontlik verdwyn.

Miljoene Afrikaanssprekende burgers in ons land word ontmagtig. As voorbeeld: Dit is frustrerend om die gesukkel en frustrasie te ervaar van ons plaaswer­kers as hulle in, vir hulle, die vreemde taal Engels bedien word, hetsy mondelings of geskrewe deur staats- en besigheidsinstansies.

Ek hoor en sien nie dat die kerkgenootskappe, by name ons NG Kerk, van miljoene Afrikaanssprekende lidmate, hulle bemoei met hierdie ernstige vergrype in ons land nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top