Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die evangelie van Jesus

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Nico Jacobs van Kleinmond skryf:

Nadia Marais se artikel “Die goeie nuus van die evangelie” in Kerkbode van 16 Maart 2018 het dadelik my aandag getrek.

Eerstens, hoekom wil sy oor die goeie nuus van die evangelie skryf, want “evangelie” (euaggelion in Grieks) beteken mos “goeie nuus”. Tweedens het ek gewonder hoe sy “evangelie” gaan definieer.

Ek is bewus dat vir baie Christene beteken die evangelie, soos ons geleer is, die boodskap van regverdigmaking (“justification”) uit genade deur geloof.

Ek het gewonder of sy gaan noem dat volgens die Evangelieskrywers is die evangelie volgens Jesus dat “die koninkryk van God/hemel naby gekom het”.

Sy kon ook genoem het dat ons eerder Paulus in die lig van Jesus moet lees as andersom.

Deel van die goeie nuus van Jesus het ook betrekking op die feit dat sekere mense van die gemeenskap in Jesus se tyd uitgesluit was (armes, tollenaars en sondaars). Die boodskap van Jesus is dat ook hulle ingesluit is in die koninkryk van God!

So het daar heelwat ander gedagtes by my opgekom. Ek het opgemerk dat die woorde wat  verband hou met  “heil”, “heilsleer” en “verlossing” dikwels gebruik word. Daar word egter niks oor die evangelie van Jesus gesê nie.

Ek dink die tyd het aangebreek dat ons verder nadink en gesprek voer oor die onderwerp van die “evangelie” sodat ons verstaan daarvan verbreed/vernuwe kan word.

Ek glo dat baie mooi gedagtes uit so ’n proses kan voortvloei, insluitende die positiewe waarna Nadia verwys, byvoorbeeld “geluk, ’n goeie lewe, welwese en florering”, maar dan vanuit die perspektief van Jesus se koninkryksevangelie. Dié boodskap is baie meer as leerstellings. Dit lei tot ’n persoonlike verhouding, en shalom /heelheid waarin van die sake wat Ellen Charry aanroer dalk van ’n ander perspektief aan die orde sal kom.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top