Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Robert Nengwekhulu, water- en omgewingskonsultant, sê: “People ask me why I am so obsessive about water conservation. I ask them if they have children.”

Die verbruikersweergawe van “Carpe diem” is: “Eien jouself so vinnig, soveel moontlik toe, ongeag die konsekwensies.”

Om uiteenlopende redes is onmiddelike behoefte-bevrediging ’n saak van dringendheid vir sowel super welvarendes altoos op soek na opwinding, sowel as vir desperaat armes op soek na middele om te oorleef. Daarom kan ’n visie op die welstand van die nageslag verdof of heeltemal verdwyn.

In hierdie verband geld die eko-wysheid van Charles Birch: “The rich must live more simply so that the poor [toekomstige generasies] may simply live.”

Om ’n gestroopte, besoedelde, toksiese, wispelturige en karige planeet aan hulle na te laat waarin hulle ’n waardige bestaan moet probeer maak, is om die minste te sê ongevoelig en gewetenloos. Is dit nie hoe ’n eko-hart Spreuke 16:8 verstaan nie?

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top