Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

’n Hart wat warm klop vir die omgewing, is uiters belangrik, maar ongelukkig is dit nie genoeg as dit nie opgevolg word met ’n eko-oog en -oor wat fyn kyk en luister nie.

Daarsonder is die kans goed dat ons goeie bedoelings met die aarde en ons roeping om dit te versorg heeltemal kan ontspoor. ’n Sprekende voorbeeld hiervan is klimaatsverandering: Die meeste van ons is erg besorg oor die skadelike effek daarvan, tog hou ons onwetend vol met ’n lewenspatroon wat dit vererger.

Bewustheid van die toestand van ons planeet is gelukkig binne bereik van ons “gewone” mense en nie eksklusief die terrein van kundiges nie – daarvoor sorg die gemaklike vloei van inligting via die verskillende kommunikasiemediums.

Deur kennis te neem daarvan kan elkeen van ons ’n redelik volledige prentjie vorm van wat aan die gebeur is en wat gepaste ingryping van ons verg.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top