Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kultuurverandering

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Dawie de Wet van Strand skryf:

Dr Lourens Bosman verduidelik (e-Kerkbode, 11 Mei) die uitdaging vir die NG Kerk is om werklik missionaal te wees. Hy sê tereg: “Dit is nie ’n klein verandering waarvan daar gepraat word nie. Dit gaan hier oor ’n diep kultuurverandering.”

Spasie ontbreek om dit te beskryf, maar almal in Suid-Afrika beleef die afgelope drie dekades drastiese verskuiwings in ons kulturele tektoniese plate. Daarom is dit essensieel dat die kerk deeglik hieroor moet besin. Kulturele affiniteite van verskillende gelowiges is lankal die olifant in die meeste kerke se kamer. Maar kultuurverandering is uiters kompleks.

’n Eenvoudige illustrasie van kultuur is ’n ui met verskillende lae. Toegepas op ’n gemeente is die buitenste laag die gedrag van lidmate. Die volgende laag is die materiële, kulturele dinge soos die kerkgebou, nagmaalstafel en musiekinstrumente. Die derde laag is die sosiale instellings soos in huwelik, gesin, gemeentegroepe, erediens en kategese. Die vierde laag is die lewens- en wêreldvisie en die binneste laag is dit wat ons glo. Alle kultuur word op waarhede, halwe waarhede en onwaarhede gebou.

Kultuurverandering begin van binne af, daarom is ’n nuwe ontdekking van die Waarheid noodsaaklik. 

Ek bid vir dr Bosman seën hiervoor toe.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top