Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Perspektief

In  ’n samelewing waarin dit voel dat dinge dikwels skeef loop, loon dit om soms na ander perspektiewe te soek.

In die kunste is “perspektief” die term wat gebruik word om aan te dui uit watter hoek ’n mens na ’n saak kyk. ’n Mens kan byvoorbeeld na ’n boom kyk van sy skadukant af, of van die kant waaruit die sonlig daarop val. Dit maak ’n groot verskil.

Net so kan ’n mens in situasies in die lewe soms net die skadukante raaksien, of net die sonkante raaksien. En daar is dikwels sonkante én skadukante aan enige situasie. As ’n mens realisties na ’n situasie wil kyk, moet jy albei in ag neem.

Vir gelowiges is daar egter ook ’n ander perspektief op donker situasies. En dit is om dit as ’n geleentheid te beskou. Waar is daar vir ’n flits ’n beter geleentheid as ’n donker kamer om tot sy reg te kom?

Net so kan ’n mens vra: Waar is daar vir gelowiges ’n beter geleentheid as ’n goddelose wêreld om die lig van die evangelie te laat skyn?

Dit kan op klein skaal gebeur, soos wanneer een mens getuig dat ’n projek van twee gemeentes haar lewe verander het. Soos in die verhaal van Laurence Mambu en die Math Moms.

Of dit kan op groot skaal gebeur, waar ’n sakeman miljoene rande se dividende jaarliks in die uitbou van die koninkryk van God instort. Dit sien ’n mens in die verhaal van Francois van Niekerk.

Soms moet ’n mens natuurlik vra hoe goed die kerk slaag in sy taak, soos ook in ’n artikel gedoen word. Teen die skadu’s in van armoede, van rassisme, van korrupsie, van geweld en wat nog, bly die uitdaging om ons lig te laat skyn.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top