Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Waarvoor bid ons?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Rudolph Scharneck van Greytown skryf:

Sondag 3 Junie was Internasionale Biddag vir Ekologie. Dit is inderdaad baie belangrik dat ons sal bid vir God se skepping.

Maar as ons bid moet ons vir die regte dinge vra. Baie mense bid vir die natuur soos baie kinders vir hulle eksamen bid: “Here, vergewe my dat ek eerder by my maats gespeel het as om te leer en help my om asseblief hierdie eksamen deur te kom.”

Mense bid vir reën, maar is nie bereid om iets te doen om hulle eie koolstofvoetspoor te verminder en hul aandeel in klimaatsverandering te beperk nie; hulle bid vir skoon water, maar is nie bereid om op te hou om met water te mors nie; hulle bid vir mooi natuurskoon, maar is nie bereid om op te hou om plastiek te gebruik nie; hulle bid vir die voortbestaan van renosters, maar gee nie om vir die uitwissing van ander diere en plante wat deur hulle eie misbruik van die natuur se hulpbronne veroorsaak word nie.

As ons dan vir die skepping bid, bid ons eerstens dat die Here ons elkeen tot bekering sal laat kom, dat ons ’n groen bekering sal ondergaan. Dan sal ons self meer doen om die Here se skepping op te pas en in alles wat ons doen, sal bydra tot die opbou en uitbou van dit wat God gemaak het sodat ook ons kinders en kleinkinders nog iets daarvan sal oorhê.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top