Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Obed Bekker van Pretoria skryf:
Lees ek my Bybel verkeerd? My Bybel sê in die Ou en Nuwe Testament dat homoseksualiteit sonde is. Nêrens in my Bybel sê dit dat God dit goedkeur nie. (Brief verkort)
- Kerkbode het in hierdie ruimte die volledige brief van ‘n leser geplaas wat groot aanstoot gegee het. Daarom is die hele brief behalwe die openingspragraaf verwyder. Ons vra om verskoning vir die plasing van die brief. Dit was ‘n slegte oordeelsfout. In die plasing van briewe probeer ons om verskillende sienings van ons lesers te weerspieël, ook briewe wat nie met die redaksie se sienings ooreenstem nie. Party briewe behoort egter glad nie geplaas te word nie. Hierdie was een daarvan. Nogmaals verskoning vir die aanstoot wat dit gegee het. – Neels Jackson (redakteur).
Geborg
