Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Gewone programme en nuusberigte help ons om fyner te kyk en te luister na die welstand al dan nie van planeet aarde.

So word daar op 12 Desember 2017 in ’n nuusberig op RSG gemeld dat die Wêreldbank voortaan nie meer olie- en gasontginning gaan ondersteun en befonds nie maar slegs projekte wat daarop gemik is om hernubare energie te verskaf deur gebruikmaking van die son en wind.

Dit herinner aan die opmerking van die ekonoom Dawie Klopper in ’n finansiële program op dieselfde radiostasie vroeër die jaar dat sonkrag in die VSA fossielbrandstof as hulle vernaamste energieverskaffer verby gesteek het. Skitterende nuus!

Die skadelike gevolge van fossielgedrewe elektrisiteitsopwekking sluit nie net grootskaalse lug-, grond- en waterbesoedeling in nie, maar ook die uitputting van die beperkte onderaardse bronne. Inderdaad stem bogenoemde ontwikkelings in die VSA en Wêreldbank ons tot nadenke oor ons eie energieverbruik en -bronne in sonnige Suid-Afrika.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top