Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dan is ons arm

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Prop Jannie Botha van Witfield skryf:

Ek wil graag reageer op die artikel “Die Kerk moet verstaan wie God is” (Kerkbode, 4 Mei). Dit was ver­blydend om die inhoud van die artikel te lees, maar dit het my ook met ’n beklemmende hart gelaat. Ek het gewonder wat het van ons gemeentes geword wat altyd met sending, plaaslik of buiteland, besig was.

Ek dink dr Bosman raak ’n baie belangrike saak aan, want die aard en wese van kerkwees, lê juis in haar missionale taak. Romeine 3:10 gelees saam met Johannes 3:16 sluit dit tog oop. Daar is geen mens regverdig nie en God het die wêreld so lief gehad (en het die wêreld nog steeds so lief) dat Hy sy Seun Jesus vir ons gegee het.

Daarom ook sy opdrag in Handelinge 1:8: “Julle sal my getuies wees in Jerusalem, Judea, Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Die kerk het inderdaad arm geword aan sending. Ons wonder waarom krimp die kerk? Ons wil God eer elkeen in sy eie klein hoe­kie. Die sendingorganisasie mag net 10 minute een maal per jaar kry want anders meng dit in met ons eredienste.

’n Ware missionale kerk eer God omdat die kerk die reddende liefde van God na ’n verlore mens waar hy/sy ook al is, bring.

Kerkwees sonder ’n liefde vir sending en evangelisasie, is inderdaad ’n arm kerk. Gemeentewees sonder ’n liefde vir sending en evangelisasie, is inderdaad ’n arm gemeente.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top