Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Die radio-nuusberig vermeld kortliks dat by die COP12-byeenkoms, een van dié grootste in die naam van wilde diere, in Manila daarvan kennis geneem is dat die “groot katte” se oorlewingstatus nou “kwesbaar” is.

Dit sluit die leeu in wat ons mos as die “koning” van die diereryk beskou. Vir talle wildtuinbesoekers is ’n blik op dié sinnebeeld van dapperheid, krag en onoorwinlikheid ’n gekoesterde hoogtepunt. In Spreuke 30:30 word hy beskryf as “die magtigste van al die diere wat vir niks stuit nie”.

Dat hy nou weerloos staan teen ons, die mens wat sy habitat stelselmatig vernietig en hom stroop vir die gebruik van sy liggaamsdele, is bykans ondenkbaar. Tog is sy getalle op ons vasteland van ±200 000 ’n eeu gelede tot die huidige ongeveer 2 000 verminder en sy spesie in 62 Afrikalande totaal uitgewis. Eish!

Dié hartseer prentjie laat ’n mens nogal wonder oor waarop die ongebreidelde bevolkingsgroei en die gevolg­like grondbesetting ten koste van die integriteit van die skepping afstuur.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top