Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Einde verlede jaar word berig dat huise in Bloemfontein reeds vir drie dae sonder water is – en dat dit die lot is van nog 30 ander munisipaliteite.

Hierdie brokkie nuus oor die radio bring ’n pleidooi van dr Charles Fourie, geoloog en waterkundige, in herinnering. Hy vra dat ons water “menswaardig”, dit wil sê met respek, sal bejeën en hanteer omdat hierdie lewensnoodsaaklike hulpbron skaars is.

Volgens hom is die hoeveelheid seep, sjampoe en chemiese skoonmaakmiddels (steurstowwe) wat maandeliks in die Hartbeespoortdam beland gelykstaande aan 1 000 vragte van drietonvragmotors! Alles natuurlik afkomstig uit huise en industrieë geleë in die opvangs­gebied van die dam.

Weerkundiges waarsku dat droogte soos die afgelope twee jaar in die Kaap, die “normale” patroon van die toe­koms gaan wees.

Beperkte kwantiteit water en onrusbarend lae kwa­liteit water weens besoedeling voorspel landswyd groot druk op bruikbare watervoorraad.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top