Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Omgewingsrubrieke en -programme dra uiteraard meer in diepte-inligting en interpretasie oor. So word RSG se “Omgewingspraatjies” Saterdagoggende al deka­des lank deur topkundiges hanteer. Tans neem prof Johanné Cilliers van Noordwes-Universiteit die leiding.

Op 10 Februarie wys sy daarop dat 30% van seedier- en 71% van seevoëlsterftes plastiekverwant is. Dit bring perspektief op die skatting dat teen 2050 die massa plastiek ter see groter gaan wees as dié van vis.

Plastiek is nie bio-afbreekbaar nie en vorm mettertyd mikroskopiese toksiese “korreltjies” wat deur marine-organismes ingeneem word. Dit veroorsaak grootskaalse vrektes – en beland ook op ons borde in vis- en skulpdiergeregte!

Geoloë identifiseer verskillende tydperke in die ge­skiedenis van die aarde, byvoorbeeld die ys-, brons-, ystertydperke; sommige ekoloë meen dat ons nou op die vooraand staan van die “plastiek”-tydperk – met al die skrikwekkende nadele daaraan verbonde.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top