Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dit was pynlik vir die 12

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Frits Gaum van Glentana skryf:

Ek het ds Nelis Janse van Rensburg se artikel oor die NG Kerk en seksualiteit in e-Kerkbode (17 September 2018) met aandag gelees. Ek wys hom graag op die volgende:

  • Die feit dat 12 lidmate van die NG Kerk hulle uiteindelik tot die hof moes wend oor die besluit van die Buitengewone Algemene Sinode van 2016 oor selfdegeslag-verbintenisse, was vir hulle ’n pynlike en moeilike saak. Soos die ommeswaai van die 2016-sinode – ná die verdraagsame en akkommoderende en nie-verpligtende besluit van 2015 – iets is wat baie lidmate diep geraak het.
  • Ds Van Rensburg vra dat ons mekaar ruimte moet gun vir verskillende standpunte binne die uitlewing van ons geloof in Jesus Christus … soos die NG Kerk dit in die verlede (soms) reggekry het. Maar dis mos presies wat die 2015-besluit wou doen en waardeur 2016 ’n dik streep getrek het!
  • Die hof is beslis nie die plek waar daar oor komplekse teologiese kwessies uitsluitsel verkry moet word nie, skryf ds Van Rensburg. Maar dit is tog die plek waar regsekerheid gekry kan word in gevalle waar kerkvergaderings met teenstrydige regsopinies oor hulle doen en late sit? Om die waarheid te sê: Ds Van Rensburg het by meer as een geleentheid self in die openbaar gesê dat “net ’n hof” regsekerheid kan gee en dat dit “nie sleg sal wees” om die hof te nader nie.  
  • Soos ds Van Rensburg, verdedig ek die NG Kerk gereeld en bly ek ’n krities-lojale lidmaat van dié kerk. Maar onreg kan nooit goedgepraat word nie. En die 2016-besluit pleeg onreg.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top