Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Gesprek op sosiale media oor selfdegeslag verhoudings

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.

Ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen van die NG Kerk en dr Gustav Claassen, algemene sekretaris, het die volgende verklaring uitgereik:


Die teologiese geprek oor selfdegeslagverhoudings op sosiale media het die afgelope week buite die grense gestrek van wat die Algemene Sinode van die NG Kerk in 2013 in vooruitsig gestel het. Toe is daar besluit om die gesprek te voer binne die raamwerk van die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid naamlik respek, luister, omarming en liefde

Tydens die 2016-sinode het die Algemene Sinode onder meer “beklemtoon dat geen mens minderwaardig behandel mag word nie, maar inteendeel, dat met respek en liefde teenoor alle mense as beelddraers van God opgetree moet word. Ons erken die gelykwaardigheid van alle mense ongeag seksuele oriëntasie en verbind onsself opnuut tot die bevordering van die Godgegewe waardigheid van alle mense en roep alle lidmate op om, ongeag seksuele oriëntasie, mekaar met die liefde van Christus te aanvaar.”

Die twee bogenoemde besluite van die Algemene Sinode dui presies die aard en gesindheid aan van die soort gesprek oor menslike seksualiteit waarmee die kerk homself assosieer. Kwetsende aanmerkings en opmerkings oor kwessies wat nie met die wesentlike inhoud van die gesprek verband hou nie, dra nie by tot die kwaliteit van die gesprek nie, maar lei tot verwonding en hartseer. Selfs net ’n suggestie wat in die openbaar die karakter van gay mede-gelowiges negatief stereotipeer, pas nie by gelowiges nie.

Die NG Kerk versoek almal wat aan die gesprek deelneem om die inhoud van die besluite van die bogenoemde sinodes te respekteer wanneer daar oor mense en hulle seksualiteit gepraat word.

Nelis Janse van Rensburg (Voorsitter)
Gustav Claassen (Algemene Sekretaris)

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top