Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

Nadele van die digitale era ten spyt, is die een groot voordeel dat dit jou toegang tot ’n wêreld van inligting, ook oor die ekologie, verleen. ’n Paar voorbeelde van gebrui­kersvriendelike webwerwe propvol nuttige feite, wenke, nuus, projekte en selfs Bybelstudies is:

Geloofsgebaseerde organisasies: www.arocha.org; www.safcei.org.za; www.neccsa.org.za. Omgewingsmonitering en -projekte: www.gem.org.za; www.sanbi.org.za; www.wildlifesociety.org.za; www.ewt.org.za; www.wwf.org.za; www.greentimes.org; www.sustainable.co.za

Staatsdepartemente: www.deat.gov.za (Omgewingsake en Toerisme); www.dwaf.gov.za (Watersake).

Dan is daar die gedrukte media. ’n Stroom van puik en gesaghebbende boeke en tydskrifte vind hulle weg na die rakke van boekwinkels. ’n Oorsig daarvan binne die bestek van hierdie rubriek is ’n onbegonne taak, daarom verwys ek net na drie waardevolle titels uit die pen van ons eie bekroonde eko-teoloog, prof Ernst Conradie: Rus vir die hele aarde (1996); Waar op dees aarde vind mens God? (2006) en Uitverkoop? (2009) asook die uiters leeswaardige Ecological intelligence van Ian McCallum.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top