Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gelowig en groen

“Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets,” staan daar in Prediker 4:9.

Ook ekologies geld hierdie stukkie waarheid. As individue dra ons pogings om groen te leef wel by tot die aarde se welsyn en het dit boonop ’n eksemplariese in­vloed. Maar benewens persoonlike leefstylaanpassing is daar gelukkig vele geleenthede om kragte saam te snoer op plaaslike sowel as landswye vlak. “Think globally and act locally” is die riglyn.

So, vind uit watter groepe is waarmee besig in jou omgewing en word ’n aktiewe medewerker. In die onwaarskynlike geval dat daar nie iets aan die gang is nie, begin self ’n inisiatief in jou gemeente, skool, diensorga­nisasie of vriendekring. Identifiseer dan saam plaaslike knelpunte of behoeftes ten einde ’n gepaste strategie te ontwikkel. Nasionale instansies sal maar te graag advies, leiding, daadwerklike ondersteuning en inskakeling by ’n groter netwerk bied.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top