Stuur Amptelike Nuus na Lida Viljoen by lida@tydskrifte.co.za
NG KERK
BEROEP: Ds JPD (Düring) Cornelius (emeritus) na Kalkrand, Namibië; ds Frans Burger van PUK-Kandelaar na Rietfontein-Noord; ds Hendri Roberts van Evander Vriendskapskerk na Joubertina; ds Ernst Jacobus Zeelie na Nigel; ds Sias Werner Burger van Elandsrand na Zastron; ds Etresia van Schalkwyk van Escombe na Mtubatuba.
AANVAAR: Ds Jan Hendrik Fourie van Vredendal na Outeniqualand; ds Dewald Vermaak van Laeveld, Duiwelskloof na Theunissen en Theunissen-Wes.
WES-KAAPLAND
Emeritaat
Hiermee gee die ring van Stellenbosch kennis dat ‘n akte van demissie by emeritaat verleen is aan dr Chris Jones, gekoppelde leraar van NG gem Stellenbosch-Welgelegen. Die akte van emeritaat is op 21 Nov 2018 deur die ring aan dr Jones oorhandig en is geldig vanaf 1 Desember 2018. (ds Leon Cronje, Ringskriba, 20.11.2018).
Ds Coenraad Christoffel Klopper (Christo) het sy akte van demissie met emeritaat ontvang op 9 Des 2018 te Brackenfell-Wes gem. Dit is geldig vanaf 1 Januarie 2019. (Anton Roux, Ringskriba, 28.11.2018).
Dr HJ van Deventer, gekoppel aan NG gem Wellington-Oos, het op 9 Des 2018 sy emeritaat ontvang. (Ds JFW Claassen, Ringskriba, 04.12.2018).
Bevestiging
Ds Quitin Nel, voorheen van Makwassie, is beroep na NGK Heidelberg (Wes-Kaap) en het die beroep aanvaar. Sy bevestiging en intreepreek vind DV plaas op Sondag, 27 Januarie 2019, om 09:30. (Riana van der Merwe, Skriba, 08.01.2019).
Bevestiging
OOS-KAAPLAND
Bevestiging
Thania (Catharina Cornelia) Botha (néé Labuschagne) voorheen van Bloemfontein is op 13 Januarie 2019 in die NG gem PE Hoogland bevestig. Bevestiging deur ds Pieter Nel. (Saretta Dawson, Gemeentebestuurder, 11.01.2019).
KWAZULU-NATAL
EmeritAAT
Ds Daniel Myburgh Fourie het op Sondag, 25 November 2018, sy emeritaat ontvang in die NGK Ladismith. (Ds GJ Beyers, Ringskriba, 13.12.2018).
VRYSTAAT
Bevestiging
Ds Jaco Thom is beroep na NGK Petrusburg en het die beroep aanvaar. Ds Jaco Thom se intreepreek sal plaasvind op 7 April 2019. (Madette Lombaard, Skriba. 11.01.2019).
GOUDLAND
EmeritAAT
Ds Jan van Heerden van die kombinasie-gemeentes Elandia en Meiringspark het op 31 Des 2018 geëmeriteer. Sy afskeidspreek is op 25 Nov 2018 gelewer. (Ds Con Maritz, Skriba, 28.11.2018).
NOORDELIKE SINODE
EmeritAAT
Ds CF (Frikkie) Delport van die NG gem Pietersburg-Noord, emeriteer op 24 Februarie 2019. Sy afskeidspreek word gehou op Sondag, 24 Februarie 2019, om 09:00. Alle belangstellendes is welkom om die geleentheid by te woon. (JM Bezuidenhout, Leraar, 10.01.2019).
HOËVELD
Bevestiging
Prop Werner Smal het die beroep na NG Kemptonpark-Oos aanvaar en is op 7 Des 2018 by die gemeente bevestig. Sy intreepreek was op 9 Des 2018. (Linda Liebenberg, 22.11.2018).
OOSTELIKE SINODE
Bevestiging
Dr Roedolf Botha is na Pretoria-Oosterlig beroep en het die beroep aanvaar. Hy is op 6 Jan 2019 as leraar in die gemeente bevestig. (Rentia Bester, Bedryfshoof, 22.11.2018).
