Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto verskaf

Troukoors op Malelane

Talle getroude lidmate van die NG gemeente Malelane het in Februarie na Valentynsdag hulle huweliksbeloftes hernu.

“Die hele erediens is ingerig in die formaat van ’n huweliksbevestiging met troumars, blomme, troukoek en al. Talle broers het selfs opgedaag met ’n lapelruiker, net soos op hulle troudag,” het ds Uli Trümpelmann vanuit die Laeveldse dorp laat weet.

Volgens Uli het dié lidmate selfs aan die begin van die diens hulle ringe verwyder. “Na ’n boodskap uit Hosea 2:18-19 oor hoe God se belofte van trou ook in ons huwelik gestalte moet vind, is die huweliksformulier voor­gelees en kon egpare hulle huweliksbelofte teenoor mekaar herbevestig, en weer vir mekaar hulle trouringe aansteek.”

Uli sê die gemeente doen deurentyd moeite om die huwelik te ondersteun. Onlangs het die gemeente ’n huweliksverrykingseminaar aangebied, waarna die hele dorp genooi was. Die spesiale troudag was nog ’n manier om huweliksliefde, “’n baie kosbare vorm van liefde”, te vier, aldus Uli.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top