Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gustav Claassen
Dr Gustav Claassen

Kerksaak: Regsprosesse stop hier

Die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) het gister besluit om te berus by die uitspraak wat op 8 Maart 2019 in die hooggeregshof in Pretoria gemaak is.

Volgens dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, het die ASM besluit om nie verder met regsprosesse voort te gaan óf die uitspraak oor selfdegeslagverhoudings teen te staan nie.

Soos vroeër deur Kerkbode berig, het die lede van die Algemene Taakspan Regte (ATR) ʼn voorstel voorberei.

Die ATR-voorstel is met die ASM gedeel en hulle het gister daaroor gestem.

Volgens Claassen het 48 lede van die ASM aan die elektroniese stemming, “wat aan al die vereistes vir ʼn wettige stemming voldoen het”, deelgeneem.

“ʼn Beduidende meerderheid” was ten gunste van ʼn voorstel om by die uitspraak te berus, sê Claassen.
“Die kerklike gesprek oor selfdegeslagverhoudings sal voortgesit word met respek en volle inagneming van die betekenis en implikasies van die hofuitspraak,” sê Claassen.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top