Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Met die geklap van die sweep en wiele wat tjirr het hierdie donkiekar in die hoofpad … wel, die enigste pad deur Middelpos in die Karoo laat wiel. Wat die kyker opgeval het, is die genot op die gesigte van die insittendes – knus teen mekaar soos die skemer se koue aangemeld het. Foto: Le Roux Schoeman

Gelowig en groen

Thomas Fuller skryf: “Groot rykdom en groot vergenoegdheid woon selde saam in een huis.” Hier­mee onderstreep hy dat onvergenoegdheid en ondankbaarheid kenmerkend is van ’n welvaarts­gemeenskap. Die rede daarvoor is doodgewoon dat die oorvloed van materiële besittings jou laat fokus op wat jy [nog] nie kon inpalm nie en jou in die gejaag daarna by die waarde en skoonheid van die omgewing laat verbykyk. Daar­teenoor word van die eerste gemeente vertel dat hulle “hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet” het (Hand 2:46). Duidelik het hulle as ’n arm geloofsgemeenskap in hulle swaarkry vreugde in die saamgeniet van gewone en alle­daag­se dinge ontdek. Dit is een van die verrei­kendste en blywendste vrugte van ’n “groen” leef­styl: Dit help ons om te ontsnap aan ’n gejaagde, angstige lewenspatroon, ten einde vreug­de en seën te beleef in die raaksien van hoe God in sy ge­nade na ons toe kom in die “gewone” van sy skepping.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top