Thomas Fuller skryf: “Groot rykdom en groot vergenoegdheid woon selde saam in een huis.” Hiermee onderstreep hy dat onvergenoegdheid en ondankbaarheid kenmerkend is van ’n welvaartsgemeenskap. Die rede daarvoor is doodgewoon dat die oorvloed van materiële besittings jou laat fokus op wat jy [nog] nie kon inpalm nie en jou in die gejaag daarna by die waarde en skoonheid van die omgewing laat verbykyk. Daarteenoor word van die eerste gemeente vertel dat hulle “hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet” het (Hand 2:46). Duidelik het hulle as ’n arm geloofsgemeenskap in hulle swaarkry vreugde in die saamgeniet van gewone en alledaagse dinge ontdek. Dit is een van die verreikendste en blywendste vrugte van ’n “groen” leefstyl: Dit help ons om te ontsnap aan ’n gejaagde, angstige lewenspatroon, ten einde vreugde en seën te beleef in die raaksien van hoe God in sy genade na ons toe kom in die “gewone” van sy skepping.
Gelowig en groen
Geborg
