Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gesels live met sendelinge in Japan

Die NG gemeente Pellissier het onlangs ’n bie­tjie in Japan “gekuier”.

Luidens Vrypos het Elmar en Nadine du Rand van Missie Japan die afgelope Sondag, live per video-uitsending met die NG gemeente Pellissier in Bloemfontein gesels.

Die paartjie woon in Kobe Reformed Theological Seminary van die Reformed Church in Japan (RCJ), het dr Stéphan van der Watt op Missie Japan se webwerf geskryf. Hulle is ook nou besig om die taal te leer en deel van die kerk te word.

Die Du Rands nooi gemeentes om hulle ge­rus te kontak by nadine@missiejapan.co.za in­dien hulle met hulle wil gesels oor hulle erva­ring in Japan.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top