Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NGK gee Kimberley-kerkorrelis vlerke

Die NG Kerk in Noord-Kaapland het dit vanjaar moontlik gemaak vir Michelle van Rooi, ’n jong kerkorrelis van NG gemeente Kimberley-Wes, om ’n stappie nader aan haar roeping te kom.

Michelle het vanjaar geregistreer as student aan die Hugenote Kollege se Kimberley-kampus om opleiding te ontvang as maatskaplike hulpwerker, luidens die Noord-Kaapland Sinode se webwerf. ’n Beurs vanaf die sinode het dit vir haar moontlik gemaak.

“Ek het hierdie studierigting gekies omdat ek my lewe op ’n meer praktiese wyse tot beskikking van die Here wil stel. Met hulp wat ek van my plaaslike gemeente en die streeksinode ont­vang, is ek verseker dat my roeping vervul sal word,” sê Michelle wat die afgelope ses jaar by Kimberley-Wes as lidmaat en orrelis betrokke is.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top