Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Hennie van Loggerenberg van Octa5

Sinodegangers kan só help

Jy kan help om boeke in te sa­mel vir ’n klein Swart­landse gemeenskap son­der ’n biblio­teek.

Diaconia, die diens­groep vir barm­har­tig­heid in die Wes-Kaap, het dié versoek aan Wes-Kaapse gemeen­tes in ’n onlangse VrydagNuus gerig.

Volgens dié sinodale nuusbrief het Koringberg sowat 100 kinders onder ses jaar in hulle gemeenskap.

Die versoek lui: “Maak asseblief tweedehandse of nuwe boeke vir kinders onder 10 jaar in enige landstaal bymekaar en stuur dit saam met julle afgevaardigdes sinode toe.”

Die “Laat-Wiel-Waentjie” sal van 13-17 Mei op die grasperk, buite die vergaderlokaal op Goudini, gereed vir boeke staan.

Die NG gemeente Koringberg het ook saam met Diaconia en Nal’ibali, ’n nie-regeringsorganisasie wat help met die vestiging van voorskoolse leesgroepe, die uitdaging aanvaar om vir kinders in Koringberg te gaan lees, luidens VrydagNuus.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top