Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: JC Vermaak

Kiek jou kerkgebou

JC Vermaak, lidmaat van die NG gemeente Meyerspark, het op 23 April 2019 hierdie pragtige foto geneem van die westeson wat die kerkto­ring verlig en ’n dubbele reënboog wat die kerkgebou omring, laat weet Hermien Liebenberg, vrou van die gemeente se leraar Isak Liebenberg. Die gemeente vier op 29 Mei sy 60ste verjaarsdag, maar die kerkgebou is sowat drie jaar jonger – dit is in November 1962 ingewy. Die waaiertipe-kerkgebou is deur die firma Hartman en Van der Walt ontwerp en gebou teen ’n koste van sowat R35 000. Die kerkklok in die toring lui nog elke Sondag en word nou getrek met ’n tou wat op Kinibaai in die Oos-Kaap opgetel is. Die gemeente spog met ’n paar lidmate wat al 60 jaar deel van die gemeente is. Een van hulle, Nils Anderson, wat op 4 Mei vanjaar 89 jaar oud word, het ook op die eerste kerkraad gedien.

Stuur ’n pragtige foto van jou kerkgebou aan conette@tydskrifte.co.za en ’n paar interessante feite sodat ons dit vir ander Kerkbode-lesers kan wys.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top