Die Noordelike Sinode bied binnekort ’n “survivorkamp” vir graad 8 en 9 leerders by Badseloop, sowat 13 km van Naboomspruit, aan.
Volgens Verskil, die Noordelike Sinode se nuusbrief, gaan dit ’n avontuurervaring wees waar die jongmense meer van hulleself en hulle talente sal leer. Die kamp vind vanaf 17 tot 21 Junie plaas en beloop R750. Om in te skryf of vir meer inligting kontak ds Fouché de Wet by 073 234 0156.
Geborg
