Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Hartseer predikant’ se 12 vrae

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Marcel Vosloo skryf per e-pos:

In Esegiël 34:1 sê die Here aan Esegiël: “Mens, tree op as profeet teen die her­ders van Israel …” Ek voel as ’n hartseer predikant om dieselfde te doen. As bedienaars van die Woord en die Waarheid sal ons tog almal wil hê dat Jesus dieselfde van ons moet sê as van Nata­nael in Johannes 1:47: “Hier is ’n ware Israeliet, ’n man in wie daar geen be­drog is nie.” By die gesprek oor selfdegeslagverhoudinge (SGV) is daar ’n deer­nisvolle gesindheid, maar daar is ’n groot gebrek aan volkome eerlikheid.

  • Wat sê dit vir ons dat daar telkens nuwe pogings na vore moet kom om die ter sake gedeeltes in die Skrif anders te interpreteer?
  • Hoekom slaag hierdie talle hipoteses nie die toets van die tyd nie?
  • Hoekom verskil pro-SGV teoloë ook met mekaar?
  • Hoekom sê die pro-selfdegeslag teo­loog en navorser Nissinen “In line with Jewish teaching, Paul labeled homo­erotic behavior as a whole as debauchery …”?
  • Hoekom word die wetenskaplike navorsing so selektief aangehaal?
  • Hoekom word die onsekerheid van die wetenskap oor die oorsprong van SGV nie genoem nie?
  • Hoekom word geestelik-wetenskaplike navorsing wat o.a. wys op die effek van seksuele molestering op vroeë ou­derdom en verhouding met die vader nooit genoem nie?
  • Hoe kan gewaag word om te sê dat ’n selfdegeslag-oriëntasie ’n gawe van God is as dit nie met sekerheid gedoen kan word nie?
  • Hoekom word die Bybel se boodskap van genade en die insluiting van randfigure so verwring?
    Wat is die vrugte van die leuen?
  • Verskeurdheid van die liggaam van Christus.
  • Die Bybel moet ‘nuut’ gelees word.
  • Daar kan nie ouerleiding gegee word nie.

Is daar ’n oplossing? Ja, eerstens verootmoediging van elkeen voor die Here – en tweedens ’n oproep tot die moderamen, laat almal wat die saak van SGV op die hart dra saam vergader.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top