Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dink na oor die vrug van die Gees

Leef vir Jesus – ’n Avontuurlike ontdekking van die vrug van die Gees deur Ewald van Rensburg
Uitgewer: Christian Art Kids, 2018


Hierdie boek is ’n opvolg op Skyn vir Jesus, maar is los­staande en kan sonder die vorige boek ge­lees word.

Die spanning is groot wanneer ’n bende in Genadeville intrek. Onder hier­die uitdagende omstandighede leer Chris, Joy en hul hondjie Gracie van die vrug van die Gees. Hulle leer van liefde onder die skaduwee van boelies, van vreugde by Paulus in die tronk en van sagmoedigheid onder die geskreeu van ’n afjakking.

’n Duif wat praat, die land van Lig en tydreise maak hierdie ’n avontuurlike storie wat veral laerskoolkinders sal geniet.

Die kinders gesels direk met karakters soos Moeder Theresa, Anne Sullivan en Eric Liddell.

Agter in die boek is Bybelstudies wat kinders help om verder oor die vrug van die Gees na te dink.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top