Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Huisgeloof eerder as in en deur kerke

Ons huis oefen en Ons huis vier deur Andriëtte de Ridder en Maartje van der Westhuizen (redakteurs)
Uitgewer: Bybel-Media, 2017 en 2019


Ons huis oefen en Ons huis vier is deel van Bybel-­Media se huisgeloof-reeks. Daar is ’n groeiende besef dat geloof by die huis gevorm word, eerder as in en deur kerke. Hierdie doen-boeke wil gesinne bemagtig met geloofsvorming wat fokus op kennis, verhoudings, aksie en aanbidding. Elke tema het ook vier afdelings, naamlik luister, gesels, leef en aanbid. Sodoende word verskillende ou­derdomme en verskillende spiri­­tualiteitstipes ook in ag geneem.

Ons huis oefen gebruik sport­metafore om geloofsgewoon­tes in te oefen. Geloofsgesprekke, Bybellees, bid, diens, kerk toe gaan, dankbaarheid, om ’n verskil te maak, rus en rituele word bespreek. Vir elke tema is daar ’n storie, aktiwiteit, Bybelfokus, ge­sprek, voorstelle vir aanbidding, plus nog ’n aantal bonusidees.

Ons huis vier kyk op dieselfde wyse na geloofsoomblikke, ge­leent­hede wat gesinne saam kan vier. Soos verwag word gesinne begelei deur doopherdenking, Nag­maal, verjaarsdae, ens. Dit was vir my besonders om te sien dat gesinne ook begelei word om by seerkry en swaarkry stil te staan, om dit ook te erken as ’n bepaalde geleentheid in iemand se lewe. Ook oorwinnings, oorgange en geloofsverbintenisse word ge­vier.

Hierdie is die eerste twee boeke in ’n reeks wat uiteindelik sal be­staan uit vier boeke, waarvan die laaste twee DV sal gaan oor familie­ge­woontes en kerkjaaraktiwiteite.

Ds Rethie van Niekerk is verbonde aan Somerstrand Gemeente.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top