Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Het dié opleiding waarde?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

R. Venter van Paternoster skryf: Hoekom word sertifikate / diplomas vir brugpredikant-kursusse aangebied as daar geen erkenning aan sulke slaagmateriaal geskenk word nie? Los die kursusse en doen maar jou 7 jaar studies, dit gaan jou verder bring en meer beteken. Ek voel dat die mense en instansies wat sulke opleidings aanbied net sowel dit in interne sirkels of huisgodsdienste kan doen en deel maak van opleiding in die kerk. Dit lyk na ‘n geldmaak-skema. Het al die kerke dan nou besighede geword met 10 mense in beheer, twingtig wat die werk doen en die ander wat moet ondersteun? Dit is ‘n groot jammerte. Ek ervaar dit al hoe meer dat die kerke nie meer uitreikings werk doen nie. Nie meer omgee soos vroeër nie. Nie meer ondersteun nie. Ken Diakens en Ouderlinge nog hul werk? Doen hulle nog hul werk. Ek weet ek is onvanpas in sommige se oë. Maar weet die waarheid is nie blind of verskuil nie. Hoop dié beteken iets vir iemand en hoop hy/sy doen iets daaraan in sy eie gemeente om ‘n voorbeeld te word vir ander. Vriendelike Groete.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top