Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Peiling: Hoe lyk die toekoms van die NG Kerk?

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

Ons is bemoedig deur terugvoer op laasweek se vraag wat gehandel het oor die eksterne uitdagings wat die NG Kerk moet hanteer.

Met die aanloop tot die Algemene Sinode van 6 tot 11 Oktober vanjaar wil ons graag jou stem hoor oor sake wat by die vergadering bespreek gaan word.

Hierdie week se vraag gaan oor uitdagings wat van binne die kerk self kom. Wat is die grootste interne uitdagings wat die kerk moet hanteer? Dink aan uitdagings wat gemeentes raak soos veroudering, finansies of relevante prediking. Op breë kerklike vlak is moontlike uitdagings die verskillende teologiese strome in die Kerk en hoe ons die Bybel verstaan, hofsake tussen lidmate en die sinode of die publieke beeld van die kerk.

Neem gerus deel by die peiling of kommentaarafdeling hieronder en hou kerkbode.co.za dop vir die volgende vrae wat ook hier gepubliseer sal word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top