Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Liefde en tug is sinoniem’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Leon M Norris skryf: Ek is nie ‘n anti-gay mens nie.  Ek het hulle lief soos wat God van my verwag.

Ek is vir die afgelope 45 jaar ‘n aktiewe belydende lidmaat van die NG Kerk nadat ek afstand gedoen het van my Engelse geloofsgemeenskap om saam met my vrou die Here te dien in die NG Kerk.  Tot op datum was ek trots op die Kerk omdat ek altyd geroem het dat ons ‘n Bybelse kerk is wat die waarheid nastreef en verkondig.

Sedert die besluit van die Sinode, het ek meer gehuil en gebid vir ons kerk.  Ek dink die kerk het ‘n Rubicon oorgesteek wat ons nou nie meer ‘n ware kerk van Jesus Christus maak nie.  My redes:

Besluit nie volgens die Bybel nie:

Dit is baie duidelik dat seksuele sondes, waarvan homoseksuele lewenswyse net een is, ‘n gruwel in die oë van die Here is.  Ek weet daar is alternatiewe argumente om dit te regverdig, maar dit bly sonde.  Gaan die kerk nou ander seksuele sondes, dronkenskap en moord ook goedkeur?

Liefde en tug is sinoniem:

Die voorbeeld van die Here was dat Hy die mens liefgehad het, nie geoordeel het nie, maar die sondige praktyke aangespreek het.  Vir die prostituut het hy gesê:  “Gaan sondig nie meer nie”. ‘n Mens mag die dade afkeur soos Jesus en nogtans die persoon liefhê.

Liefde sluit tug in. Die Bybel sê dat as ons hom/haar nie waarsku nie, die bloed van hulle siele van ons hande afge-eis sal word.

Die besluit is liefdeloos

Met hierdie besluit keur ons die sonde goed en gaan persone verlore weens opsetlike sonde.

Ons keur nou alle seksuele sondes goed:

Gaan verkragting, egbreuk pleeg, dronkenskap, moord en ander sondes nou ook aanvaarbaar word?  Kyk na die tekste.  Dit sluit meer in as homoseksualiteit.

Dit verwar lidmate:

Die besluit sê aan die een kant predikante mag selfde-geslag huwelike bekragtig, maar aan die ander kans sê die besluit dat die NG Kerk net ‘n huwelik tussen een man en een vrou as ‘n ware huwelik erken.  Altwee kan nie reg wees nie.

Die Heilige Gees (Gees van die Waarheid), tree nie teenstrydig teen die Woord op nie.

Die besluit is teenstrydig met die Woord.  Dit kan nie deur die Heilige Gees geïnspireer gewees het nie.  Boonop is die besluit met ‘n meerderheid stem goedgekeur.  Die enigste waarborg vir besluite deur die Heilige Gees is eenparige besluitneming.  Die Heilige Gees kan nie twee verskillende antwoorde gee in een stel omstandighede nie.

Die kerk het geswig onder sekulêre druk

Die druk van die gay-gemeenskap dat ons hulle lewenswyse moet goedkeur as ‘n teken van liefde, is ‘n sekulêre siening.

Die kerk kan skeur

As gevolg van hierdie besluit gaan die kerk heelmoontlik skeur. Die Engelse kerke is reeds besig om te skeur. Die argument dat ons ter wille van eenheid hierdie besluit moet aanvaar, is onredelik en ondeurdag. Eenheid kan net geskied as dit gebaseer is op die waarheid van die Woord.

Ek is nie bereid om my getuienis as kind van God te laat skade lei om as ‘n NG Kerk lidmaat bekend te wees nie. Ek gee die kerk tyd om te besin, maar ek sal nie in die NG Kerk kan bly onder hierdie omstandighede nie. – Verkort – Red. 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “‘Liefde en tug is sinoniem’”

Comments are closed.

Scroll to Top