Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoe moet ek dit verstaan?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Pine Pienaar van Pretoria skryf: 
In die hele petalje oor selfdegeslagverhoudings vind ek by herhaling die volgende drie stellings wat elke keer in dieselfde asem genoem word of die basis vorm van die inhoud van die besluit van die afgelope Sinodesitting:
1. ‘n Huwelik is ‘n verbintenis tussen een man en een vrou.
2. Seks buite die huwelik is sonde
3. Sinode besluit om in die toestand van “Vasgelooptheid” toe te laat dat gemeentes in die gees van “Verruiming” toegelaat word om self te besluit of hulle selfde geslagverbintenisse gaan erken/toelaat.

Hier is my probleem; As ek punte 1. en 2. aanvaar dan laat dit my geen keuse onder punte 3. nie. Indien my gemeente dus sou kies om selfde geslagverbintenisse te erken dan moet Punt 2. laat vaar word, want twee mense in so ‘n verbintenis sal nie selebaat kan verkeer nie en sal in “sonde” verval in terme van Punt 2. omdat hierdie verhouding seks buite die huwelik sou impliseer. Indien Punt 2. laat vaar word skep dit ‘n “free-for-all” toestand en sal vereis dat Punt 2. eers weer gekwalifiseer moet word deur uitsonderings te maak.
Hoe moet al hierdie dinge in die kategese aangebied word? …En dan praat ons van die jonger geslag wat deurmekaar is en sien ons hoe hulle Kerk-los raak.

Myninsiens, is die onlangse besluit deur die Sinode “onbestaanbaar” omdat Punte 1. en 2. die moontlikheid van Punt 3. onmoontlik maak. Of, is ek net eenvoudig dom?

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Hoe moet ek dit verstaan?”

  1. Die AS2019 moes by die besluit van AS 2016 gebly het wat sê dat alle seksuele verhoudings buite die huwelik tussen een man en een vrou sonde is. Dan sou hierdie inkonsekwentheid wat jy skets nie nodig gewees het nie en sou die sinode hom nie vasgeloop het nie.

Comments are closed.

Scroll to Top