Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

10 dinge vir elke kategeet se gereedskapskis

’n Veilige ruimte vir omgee en deel vorm ’n basiese behoefte vir enige klein­groep. Wees toegerus en voorbereid deur seker te maak die basiese dinge is alles in plek, het VrydagNuus, amptelike nuusbrief van die Wes-Kaapse Sinode, berig.

Hier gee ds Anriëtte de Ridder, PSD vir Jeug- en Familiebediening van dié sinode, idees vir jou kategese-toolboks:

  1. Jy het die erediens bygewoon en self tyd gemaak vir God hierdie week.
  2. Jy het jou groepie na kategese genooi via WhatsApp.
  3. Jy’s voorbereid – jy ken die inhoud van die les en het self daaroor stiltetyd gedoen.
  4. Jy het skryfgoed, plakkers, Bybels, jou boek en benodigdhede vir die ontmoeting ingepak.
  5. Jy is gefokus op die kinders/tieners se welstand en jy is aanpasbaar.
  6. Jy weet wie opgedaag het en volg kinders/tieners persoonlik op wat nie gekom het nie.
  7. Jy vra oop vrae, gebruik aktiwiteite en skep ’n ontspanne ruimte vir ge­loofsgroei.
  8. Jy het iets interessant wat die ontmoeting opkikker, hetsy ’n speletjie, hulpmiddel, craft, lied, videogreep of simbool.
  9. Na elke ontmoeting los jy jou groe­pie met ’n uitdaging vir die week en jy kry die volgende Sondag terug­voering daaroor.
  10. Daar is elke week tyd vir gebed – jy hou ’n gebedslysie by en vra vir terug­voering. Jy wissel die manier af waarop daar gebid word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top