Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

'n Kleuter van die Worcester-omgewing geniet 'n kolwyntjie met die komplimente van die Christelike Lektuurfonds nadat hulle 'n pakkie opvoedkundige boeke vanaf Bybel-Media ontvang het. Foto: Denshir de Koker

‘God vergewe als, behalwe dít …’

“God vergewe ons alles, maar nie dít wat ons aan kinders doen nie.”

Dié woorde van Fiela Komoetie in die boek Fiela se kind bly hom altyd by, sê ds Strydom Bruwer, ontwikkelingsbestuurder van die Fondse-afdeling by Bybel-Media.

“En die feit dat kinders vir Jesus so belangrik was,” vertel Bruwer.

En toe president Cyril Ramaphosa vroeër vanjaar in sy staatsrede die swak leesvermoë van jong kinders as prioriteitsuitdaging vir Suid-Afrika se toekoms beklemtoon, toe weet hy Bybel-Media moet op ’n manier hierby betrokke raak.

“Ons probeer nou ’n daadwerklike verskil maak in die lewe van 150 jong kinders (3- tot 5-jariges) wat deel is van 21 SmartStartprogramme in Worcester en Rawsonville,” sê Bruwer.

“Die kinders se broosheid en weerloosheid het my opgeval. Meeste van hulle het die pakkie boekies perfek opmekaar gestapel en beskermend op hulle skote vasgehou. Hulle het dit so waardeer,” aldus ds Strydom Bruwer (foto). Foto: Denshir de Koker

Op 28 November het Bybel-Media ’n stel opvoedkundige boeke ter waarde van R450 aan elke kleuter geskenk.

“Die kinders se broosheid en weerloosheid het my opgeval. Meeste van hulle het die pakkie boekies perfek opmekaar gestapel en beskermend op hulle skote vasgehou. Hulle het dit so waardeer,” aldus Bruwer.

“Ons probeer nou ’n daadwerklike verskil maak in die lewe van 150 jong kinders (3- tot 5-jariges) wat deel is van 21 SmartStartprogramme in Worcester en Rawsonville,” sê ds Strydom Bruwer van Bybel-Media. Foto: Denshir de Koker

Bybel-Media het die koste gedek en jy kan ’n bydrae vir die boeke by die skarebefondsingsplatform OnsGeeOm.co.za maak. Die projek duur voort en ekstra fondse sal aangewend word om die kleuters verder te ondersteun.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top