Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“Genadiglik leef ons nog. Ons geloof bly sterk,” het die 86-jarige ds Jan Schroeder na die aanval op sy plaas buite Heidelberg gesê. Foto verskaf

Boer-ds se kop staan dorp toe na aanval

“Genadiglik leef ons nog. Ons geloof bly sterk.”

Met dié woorde het die 86-jarige ds Jan Schroeder, wat ten spyte van ’n plaasaanval steeds gister by sy kerk in Heidelberg, Gauteng opgedaag het om te preek, vanoggend (9 Desember) op ’n vraag oor sy welstand gereageer.

Schroeder is Vrydagmiddag (6 Desember) op sy plaas Boschhoek deur vier mans met klapmusse by die melkstalle oorrompel, geskop, geslaan en toe vasgebind, het Netwerk24 berig.

“Die blote feit dat dit te kort kennisgewing was, het my laat besluit om dit steeds self te doen,” het Schroeder oor sy Sondagpreek by die Suikerbosrand Hervormde Kerk ten spyte van ’n seer liggaam na die aanval laat hoor. 

“Die boodskap wat ek breedweg aan die gemeente gebring het was dat die lig in die wêreld skyn, en dat die duisternis dit nie kan oorweldig nie. Die lig van Christus dra ons met ons saam. Ons moet dit nie vergeet nie, ons moet dit versprei,” aldus Schroeder.

Schroeder, wat oor die jare ook by die Hervormde kerke in Springs, Brakpan en Nigel leraar was, sê na die voorval “staan hulle dorp se kant toe”. “Dit gaan ’n rukkie neem om die plaas te verkoop, maar ons kan nie langer hier woon nie,” het hy gesê.

“Ek ken hom so. Hy (Schroeder) laat hom nie afskrik nie,” het Nico Van Huyssteen, skriba, gesê. Hy het Schroeder Saterdag gebel om te vra of hy ’n ander prediker moet reël, maar Schroeder het dit onmiddellik van die hand gewys.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top