Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die foto hierbo is in November 2019 geneem by die 75 jaar-viering van Leonard gemeente. Vlnr is die huidige predikant, ds Hanno Visser, drs André Olivier, die moderator van NGK in Namibië en Jan Woest ’n voormalige leraar van Leonard. Foto: Verskaf

Dominee kritiek na skietongeluk op plaas in Namibië

’n Bekende in NG Kerkkringe is in ’n kritieke toestand in die hospitaal in Windhoek na ’n skietongeluk in die veld op sy plaas sowat 140 km buite die Namibiese hoofstad.

Die ongeluk het Maandag (27 April) omstreeks 15:30 gebeur toe dr Jan Woest glo sy geweer (’n 30.06) in sy voertuig wou sit. ’n Skoot het afgegaan en die koeël het van agter deur sy bekken gegaan, maar die femur gelukkig gemis, volgens ds Thijs van der Merwe, algemene sekretaris van die NG Kerk in Namibië.

“Die skoot het Woest se slagaar en die ander are in die omgewing afgeskiet wat massale bloeding veroorsaak het,” aldus Van der Merwe, wat bygevoeg het dat flink hulp deur Woest se seun Nico en vrou Nicolene daarin geslaag het dat Woest eers basiese behandeling in die veld ontvang het en daarna uiteindelik tot by die Katolieke hospitaal in Windhoek geneem is.

Woest was lank predikant in sinodale diens in Namibië vir die Renovaré-proses en het ook op algemene sinodale vlak enorme bydrae gelewer, aldus Van der Merwe.

Sy toestand is kritiek weens bloedverlies en uiteraard die skok op die sisteem van die koeëlwond. “Kom ons dra hom, Nicolene en die seuns aan die Here op,” het Van der Merwe Dinsdag 28 April aan Kerkbode gesê.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top