Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Medeleraar (Voltyds-onbepaalde pos)
Sluitingsdatum is 30 Junie 2021
1. Gemeenteprofiel:
- Die visie van die gemeente is: “Lewe tot eer van Christus die Heer!”
- Die voornemende aansoeker moet kennis neem dat die kerkraad van die gemeente die Belydenis van Belhar aanvaar het en die Algemene Sinode se besluit van 2015 oor selfdegeslagverhoudings onderskryf.
- NG Heuwelsig het 2 293 lidmate waarvan 500 dooplidmate is. Die lidmate vertoon eintlik ’n goeie verspreiding van alle ouderdomme.
- Die bediening vind deur bedieningsgroepe plaas, wat fokus op die jeug, families, seniors, uitreik, getuienis en kleingroepe.
2. Leraarsprofiel:
A. Verantwoordelikhede soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde.
B. Die aansoeker moet ook aan die volgende vereistes voldoen:
- Ouderdom vanaf 35-50 jaar oud.
- Interpersoonlike vaardighede met inagneming van die uiteenlopende ouderdomsprofiele in die gemeente.
- Hy/Sy moet goed in ’n span kan funksioneer.
- Die voornemende leraar sal saam met die huidige leraar die bedieningsfokuspunte volgens gawes onder mekaar verdeel.
- Dinamiese persoonlikheid om met die veranderende behoeftes en uitdagings van die gemeente en bedieningsmoontlikhede tred te hou.
- Deursettingsvermoë om in ’n post-Covid kerk alle bedieningsgeleenthede te kan hanteer.
3. Aansoekprosedure:
- Aansoekers kan ’n CV, maksimum drie bladsye met kontakbesonderhede van ten minste drie referente aan die kerkkantoor stuur. Die sluitingsdatum is 30 Junie 2021.
- Kandidate moet bereid wees om ’n onderhoud by te woon, indien dit versoek sou word. Die aansoeke moet aan die kantoorhoof, Anmar Potgieter, by admin@ngkerkheuwelsig.co.za gestuur word.
4. Vergoeding:
- Volgens sinodale riglyne.
- Behuisingsvoordele sal onderhandel word.
5. Diensaanvaarding: 1 September 2021 of spoedig daarna.
6. Provisio: Die kerkraad behou die reg voor om, sonder opgaaf van rede, nie ’n aanstelling/beroep uit die aansoekers uit te bring nie.
7. Navrae: Die kerkkantoor: 051 436 1967, e-pos: admin@ngkerkheuwelsig.co.za
Geborg
