Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Om telkens nuut te luister en te dink uit Bybelse verhale

Encouraging encounters deur Nel van Doorn
Uitgewer: Bybelkor, 2020


Hoe lyk ontmoetings wat men­se oor grense skuif en aan mekaar verbind? Nel van Doorn skryf in haar voorwoord reeds oor wat sy by Martin Buber geleer het: “In die geval van ’n ware ontmoeting tussen my en die ander, sien ons nie langer kleur, hare en vel nie. Detail verdwyn. Wat werklik saak maak in die oomblik van ontmoeting, is die gemeenskaplike fo­kus op die interaksie tussen die Ek en die Ander.”

In die onderskeie hoofstukke tel die leser telkens drie lyne op, naamlik die teorie van kontekstuele pastoraat; uitgebreide teksontledings om telkens vanuit die Bybelse verha­le nuut te luister en te dink en laastens die filosofie van Emmanuel Levinas en Martin Buber.

LEES OOK: Jaap Durand: Ryke herinnering leef en skrywer wat bly soek

Die boek lewer ’n besonderse bydrae om meer te verstaan van intergenerasionele oordrag binne families wat disfunksioneel is en hoe dit gekeer of verander kan word. Baie klem word geplaas op die temas van dialoog.

Van Doorn gebruik telkens Bybelse verhale om die onderskeie temas te illustreer. So illustreer sy byvoorbeeld dat generasies kan kies om destruktiewe nalatenskap te herken en te hanteer, sodat dit nie as onopgeloste, swak verhoudings op die vol­gende generasie afgepak sal word nie. Hier gebruik sy die verhaal van Gi­deon in Rigters 6 om juis die temas van skuld en skuldgevoel uit te wys en Eksodus 34 om skuld, vergifnis en die sondes van die vaders te beskryf.

Deur hierdie uiters insiggewende boek, help Van Doorn gelowiges om te besef hoe belangrik verhoudings is, veral in die beoefening van pastoraat, asook die noodsaak vir verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid in prosesse om heling te bewerkstellig. So help sy lesers prakties deur veral die effek, sowel as die impak, van vorige generasies se destruktiewe gedrag op die huidige generasie uit te wys.

Die boek word reeds voorgeskryf in die MTh in Kliniese Pastoraat by die Universiteit Stellenbosch.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top