Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ons ‘cope’ omdat ons ’n geloofsverhaal het

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Jannie Schuler van NG gemeente Danskraal op Ladysmith skryf:

Die onlangse plundery het soos die spreekwoordelike dief in die nag vir ’n groot deel van Suid-Afrika gebeur. Niemand kon homself voorberei vir die dramatiese tonele van vergrype wat op die nuuskanale afge­speel het nie. Dit is seker hoe die Amerikaners gevoel het die dag toe die passasiersvliegtuie in die Tweelingtorings vas­gevlieg het: verbasing, angs, vertwy­feling, woede en hoeveel meer skommelende emosies.

LEES OOK: Só kan jy KwaZulu-Natal help

Vir die lidmate in Danskraal-gemeente, Ladysmith, het dinge geensins anders daar uitgesien nie. Die gebeure in Mooirivier op die N3-roete, wat binne die ringsgebied van Ladysmith lê, en wat vinnig oorgespoel het na die groter stedelike gebiede van Natal, het ons ook nie onaangeraak gelaat nie. Grootskaalse plundering het by die fa­brieke plaasgevind en nog groter ont­wrigting op die elkedagse lewe veroorsaak wat in die onmiddellike toekoms nog met ons gaan wees.

Een van die gedagtes in Getroue Getuies se evangelisasiemateriaal wat deur prof Malan Nel aangebied word, is die uiteindelike vraag: Hoe “cope” ek? Uit die aard van die saak is dit nog te gou om hierdie vraag na behore te beantwoord.

LEES OOK: ‘Ons is OK, want ons is nie alleen nie’

Dit laat ’n mens dink aan die Nascar-motorwedrenne wat in die VSA plaasvind. Dié motors jaag op ’n ovaalvormige baan en dan gebeur dit soms dat ’n motor buite beheer raak en die muur tref en dat jy net oral stukke sien trek. Dit is wat met baie lidmate, mense, gebeur het. Hulle, ons, het die muur getref.

Verblydend by ons op die dorp, soos op baie ander plekke, was om te sien hoe gemeenskappe van verskillende stan­­de en agtergronde, hande vat om sáám teen hierdie vergrype op te staan. Die tragiese wat in retroperspektief gesien word is: Waarom moet daar eers ’n krisis ontstaan voordat ’n mens sien dat geweld, stroping, plundering, nie vra of jy wit, swart of bruin is nie?

Maar ten diepste is ons in Danskraal se beginpunt: Ons “cope” omdat ons ’n geloofsverhaal het. Ons “cope” omdat ons weet ons is op pad. En dit maak dat ons medemense kan bedien met stories van hoop wat alleen maar in Christus veranker is.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top