Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hartseer en rou: Soms kan jy eenvoudig sê: ‘Ek’s jammer.’

Notes on grief deur Chimamanda Ngozi Adichie
Uitgewer: HarperCollins, 2021


As jy die naam Chimamanda ­Adichie op die omslag sien, weet jy by voorbaat dat jy ’n meesterstuk in jou hand het.

Notes on grief is ’n essay wat Adichie geskryf het na haar pa se dood in Junie 2020. Natuurlik is dit tydloos, maar ook veral nou relevant. Te midde van die kollektiewe trauma van ’n voortsle­pende pandemie en die rou van verlies, verwoord Adichie pyn soos ’n vuishou in die maag.

Hierdie beskrywing van rou raak nóú aan die pyn van Covid-19, aan­gesien haar pa te midde van inper­kings oorlede is. Adichie verwoord pynlik hoe die afstand en onsekerheid geliefdes die waardigheid van afskeid ontneem.

Deurlopend is die brutaliteit van rou helder duidelik. “An erosion, a vile rushing of floods, leaving our family forever misshapen. The layers of loss make life feel papery thin.”

Koop boek hier.

Sy skryf ook rou eerlik oor mense se dikwels lomp pogings om te troos. Haar advies: “What does not feel like the deliberate prodding of wounds is a simple ‘I’m sorry’, because in its banality it presumes nothing.”

Ek het redelik vroeg in die boek begin wonder of die Nigeriese skrywer ’n gelowige is. Dit is duidelik dat haar pa ’n gelowige was. Adichie skryf egter met ’n finaliteit wat vreemd is vir ’n gelowige. Sy eindig met: “I cannot believe I am writing about my father in the past tense.”

’n Mens moet wonder, hoe sou haar notas geklink het as sy dit vanuit ’n ewigheidsperspektief geskryf het? Se­kerlik sou die brutale geweld van verlies steeds daar wees. Sy help haar leser om pyn rou eerlik te verwoord. Maar dalk sou die finaliteit ligter wees? Dalk sou daar tog ’n moontlikheid vir ’n toekoms­tige tyd ook wees.

  • Ds Rethie van Niekerk is predikant van Blouwaterbaai Familiekerk in Gqeberha.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top