Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hoe lyk openheid vir die ander persoon se perspektief? Ds Maartje van der Westhuizen, lid van die dagbestuur van die ASM, gesels met ds Bernice Serfontein, predikant by NG Kerk Waterkloof. 

KYK: Die vraag is nie óf ons verskil nie, maar hóé? – Maartje van der Westhuizen

Dis moeilik om in iemand anders se skoene te staan, maar dit is wat van ons verwag word as ons geestelik volwasse is, verduidelik ds Maartje van der Westhuizen, lid van die dagbestuur van die ASM, in hierdie videogesprek met dr Bernice Serfontein, predikant by NG Kerk Waterkloof.

 

Meer oor hierdie videoreeks: Die dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het ’n reeks van meer as 13 video’s gemaak waarin lede van die Moderamen, asook dosente van die NG Kerk aan die ekumeniese fakulteite bydraes lewer onder die tema: So glo, leer en getuig ons.

Die gesprek gaan oor die NG Kerk se oortuigings, praktyke en prosedures, volgens ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die ASM. “(Ons) vertrou dat die video’s benut sal word deur leraars en kerkrade om die NG Kerk se standpunte te belig, te bespreek en perspektief te bied waar dit nodig is,” het Janse van Rensburg gesê. 

  • PRAAT SAAM: Lewer gerus kommentaar onderaan dié berig. Lees ons kommentaarbeleid HIER
  • Bybel-Media en Kerkbode tree as vennoot op met die publikasie van hierdie video.
  • Lees HIER meer oor hoe jy Kerkbode kan ondersteun deur ’n Vriend van Kerkbode te word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “KYK: Die vraag is nie óf ons verskil nie, maar hóé? – Maartje van der Westhuizen”

  1. Ek ken vir Margie reeds baie jare en het agting vir wat sy sê. Maar ons kan ook respekvol van mekaar verskil. Die verwysing na Handelinge 15 in die video is ongelukkig buite konteks en allermins toepaslik. Dit is doodeenvoudig nie waar dat die teenwoordiges by die Jerusalemvergadering met hulle verskille uiteen is nie. In vers 27 staan:”Ons het vir Judas en Silas gestuur om mondeling dieselfde dinge te vertel.” Die indruk word gewek dat daar ‘n soort wapenstilstand bereik is; dat daar ooreengekom is om van mekaar te verskil; dat daar bloot ruimte vir mekaar gemaak is. Dit was allermins die geval. Hierdie is inlegkunde en geskied sekerlik om die 2019 besluite oor sgv’s te probeer verdedig. Romeine 24 se toepassing sal juis die afstanddoening daarvan beteken. Die aanleiding tot die vergadering was verwarrende uitsprake wat gemoedere verontrus het. Dit wil eerder voorkom of so ‘n vergadering juis nou moet volg op Algemene Sinode 2019 en dat daardie Bybelse eensgesindheid en dieselfde dinge te vertel nog in die toekoms lê. Hierdie teksgedeelte kan nie gebruik word om die huidige toestand in die NG Kerk te regverdig nie.

Comments are closed.

Scroll to Top