‘Belydenisskrif se verskillende funksies: Stok, staf en stem…’

Ds Jan Lubbe, voorsitter van Kuratorium Vrystaat, gesels in hierdie aflewering van die ASM-videoreeks oor die rol en aard van belydenisskrifte.

Meer oor hierdie videoreeks: Die dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het ’n reeks van meer as 13 video’s gemaak waarin lede van die Moderamen, asook dosente van die NG Kerk aan die ekumeniese fakulteite bydraes lewer onder die tema: So glo, leer en getuig ons.

Die gesprek gaan oor die NG Kerk se oortuigings, praktyke en prosedures, volgens ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die ASM. “(Ons) vertrou dat die video’s benut sal word deur leraars en kerkrade om die NG Kerk se standpunte te belig, te bespreek en perspektief te bied waar dit nodig is,” het Janse van Rensburg gesê. 

  • PRAAT SAAM: Lewer gerus kommentaar onderaan dié berig. Lees ons kommentaarbeleid HIER
  • Bybel-Media en Kerkbode tree as vennoot op met die publikasie van hierdie video.
  • Lees HIER meer oor hoe jy Kerkbode kan ondersteun deur ’n Vriend van Kerkbode te word.

One thought on “‘Belydenisskrif se verskillende funksies: Stok, staf en stem…’

  1. Rudi says:

    As ek hierdie video in een sin kan opsom, klink dit asof Ds Jan Lubbe aanvoer dat, net soos in die verlede, die NGK se belydenisskrifte herinterpreteerbaar is, gegewe ons tyd en omstandighede waarin ons leef. Dit klink amper asof ons belydenisskrifte (wat hy noem rigtingwysers is), soms in ‘n ander rigting kan wys soos wat die kultuur van vandag verander.

    Is dit wat bedoel word met ‘n belydeniskerk? Dat die NGK steeds glo en bely wat in ons belydenisse staan, maar op so manier dat ons die betekenis daarvan dinamies kan aanpas tot ons kultuur en omstandighede? Die rigting het in die verlede een knt toe gewys, maar vandag kan ons dit herinterpreteer om na ‘n ander kant te wys?

    Hy verwys na Jesus se wonderwerk wat in een historiese dokument van die Vrystaat aangevoer het dat Jesus se wonderwerke letterlikm verstaan moet word. Is ons dan in vandag se tyd en omstandighede geregtig om dit te herinterpreteer dat Jesus se wonderwerke dalk nie alles letterlik verstaan moet word nie?

    Is belydenisskrifte nie veronderstel om eerder terug te wys na die woord toe nie? Soos “Guardrails” is dit veronderstel om die kerk te keer om nie af te dwaal nie?

Comments are closed.